Op ’n verlate grondpad in Limpopo druk hulle twee kilogram se vlekvrye staal – die reuse Smith & Wesson Model 500 – teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: “Waar is dit?”Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal.Hulle gaan ’n spoor trap wat wyd sal loop:’n Bloedspoor deur die eerste dossier van Mat Joubert, deesdae privaat ondersoeker, wat moet soek na Danie Flint, ’n “goeie man” wat reg langs die Table ...